Hard newsLocal newsNews

Regeringsamptenaar het dalk jagluiperd in Nasionale Krugerwildtuin doodgery

Wildtuingangers is hewig ontsteld oor 'n jagluiperd wat gister in die Nasionale Krugerwildtuin doodgery is.

PRETORIUSKOP – Hartverskeurende getuienis  in die vorm van ‘n Facebookfoto van ‘n jagluiperd wat gistermiddag naby die Afsaalpiekniekplek by die Jock-afdraai doodgery is, het almal wat lief is vir die Nasionale Krugerwildtuin aan die gons oor wie vir die jagluiperd se dood verantwoordelik kon wees.

Wildtuingangers is hewig ontsteld hieroor.

Gerugte doen die rondte dat dit na bewering moontlik ‘n regeringsamptenaar kan wees wat gister ‘n vergadering in die NKW bygewoon het oor grondeise.

Laevelder volg die gerugte en beweringe rondom die voorval op en sal volledig daaroor berig in die volgende uitgawe wat Vrydag op straat sal verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button