Hard newsLocal newsNews

Sjimpansee-skildery bring troos vir kunstenaar en fondse vir skuiling

Vir die gidse en besoekers aan Chimp Eden, die sjimpansee-skuiling naby Mbombela, is Jessica, 'n leier van Groep Een, 'n inspirasie. Deur haar skildery van Jessica het 'n Kaapse kunstenaar ook troos en heling gevind.

HAZYVIEW – ‘n Skildery van een van die leiers van die Chimp Eden Groep Een-trop, Jessica, het Sondag tydens ‘n veiling op Hazyview R 6500 behaal.

Jessica se moedige lewensverhaal inspireer vele. Foto: Chantell Greyling

Die skildery is opgeveil gedurende die fondsinsamelingsete waar die VN Ambassadeur van Vrede en ikoon van sjimpansee-redding, Dr. Jane Goodall, as spreker opgetree het. Dit is nou in die trotse besit van Ms Pendrae Scott.

Cathryn Madej by die skildery van Jessica deur Norma Jean Greyling.

Die pastelskets is deur mev. Norma Jean Greyling (70) van Boston, Bellville gemaak. Haar kleindogter, Chantell, is een van die gidse by Chimp Eden. Die kunstenaar het einde Desember 2016 haar seun Deon aan die dood afgestaan en die maak van die werk vir die veiling ter ondersteuning van die fondsinsamelingspoging het vir haar veel troos en genesing gebring.

‘n Voorste Hazyview toerisme-agentskap, Tours en Tickets, het die fondsinsamelingete gereël. ‘n Bedrag van meer as R 6000 is  aan die Jane Goodall Instituut van Suid-Afrika oorhandig deur Eva Wagner van Tours and Tickets.

 

Chantell en Norma Jean Greyling (regs).

Fondse is tans broodnodig by die sjimpansee-skuiling aangesien die hoofgebou by Chimp Eden onlangs groot skade ondergaan toe ‘n reuse bloekomboom daarop neergeslaan het maar is reeds herstel om weer maaltye aan gaste te kan bied. Die sjimpansees is egter nou sonder ‘n koelteboom in die voorste kamp en het ‘n klimraam wat ook skuiling bied broodnodig.

‘n Boom het twee weke gelede op Chimp Eden se hoofgebou neergeslaan tydens ‘n fratsstorm.
  • Indien jy ‘n bydrae wil maak tot Chimp Eden se koste met die bou van die klimraam of groente en vrugte vir die sjimpansees wil neem, skakel Philip by 083 231 6309

‘n Kykie na Jessica se lewensverhaal

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button