Hard newsLocal newsNews

Video: Jong hiënas vreet aan volwasse hiëna naby Krugerhek

Is die hiëna wat naby die Krugerhek op die teerpad lê slagoffer van 'n spoedvraat of het die natuur sy gang geneem?

SKUKUZA – Spekulasie is aan die orde van die dag of die karkas van ‘n hiëna wat vanoggend net na 06:00 drie kilometer van die Krugerhek deur ‘n gids opgemerk is, deur ‘n spoedvraat doodgery is.

Quintin van der Merwe, bekende toergids en natuurlewefotograaf, het ‘n video van die toneel geneem waar die volwasse hiëna deur jonger hiënas van die pad gesleep en gevreet word.

 

Van der Merwe is ‘n ervare gids en meen die voorval kan aan drie moontlikhede toegeskryf word.

“Dit kan of ‘n geval wees waar die hiëna wel deur ‘n motoris raakgery is. Maar die waarskynlikheid is ook hoog dat ‘n leeu of ‘n luiperd die hiëna kon doodgebyt het. Groot katte sal nie ‘n hiëna as eetbare prooi sien nie. Dit kon selfs gebeur het dat daar gevegte tussen die hiënas was en dat die hiëna laer  in die hiërargie is en deur ander hiënas doodgebyt is,” verduidelik Van Der Merwe.

Van der Merwe sê dit is nie vir hom vreemd dat jonger hiënas aan die karkas kom vreet het nie.

“Hiënas eet hul eie soort. Ek het dit al dikwels waargeneem.”

Kyk hier na die hiënas wat meer simpatie met mekaar gehad het

Kyk hier na ‘n hiëna wat ‘n plan gemaak het om oor die weg te kom

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button