Komati-inwoners merk seekoei-kalfie wat die wêreld oor keerwal bekyk
'n Inwoner van Komatipoort het onlangs 'n seekoei gemerk wat oor 'n keerwal naby Komatipoort die N4 se verkeer dophou en moes net 'n foto neem. Dit het in die laaste paar dae duisende 'likes' op facebook gekry.
KOMATIPOORT – ‘n Seekoei op die hoogwaterbrug tussen die dorp en die Lebombogrens het die internet behoorlik aan die gons.
Mnr. Louw Pretorius, ‘n werknemer by RCL Foods, vertel dat hulle dié seekoei vir sowat ‘n maand en ‘n half lank, vandat die rivier weer mooi vol is, smiddae wanneer hulle rondom 17:00 van die werk af terugkeer, op die wal van die brug opgemerk het.
Die diertjie sit sy voorpote en kop netjies op die wal, gesig na die N4 gekeer, asof hy die verbygaande verkeer en mense dophou.
Dit het so ‘n kostelike prentjie gevorm dat Louw ‘n paar dae gelede besluit het om ‘n foto te neem. Sy goeie vriend, Colin Pretorius, ‘n bemarker by Ngwenya Marketing, het groot waardering vir die foto gehad en dit op Ngwenya Marketing se facebook-bladsy gepos.
LEES: New fence will keep nosy elephants at bay
Colin vertel dat dié blad in vyf jaar 1300 “likes” gehad het, maar na dié foto gepos is, het dit in 2 dae met 600 gegroei. Die foto self het reeds ‘n duisend “likes” gekry en is teen Dinsdagoggend reeds 3 877 keer gedeel. Volgens die blad se statistieke, het die totaal mense wat bereik is net in een dag van 262 962 tot 535 987 gegroei.
Mense se kommentaar op die blad wissel van “cute” en daar is selfs diegene wat twyfel oor die egtheid van die foto en sê dat dit photoshop se werk is.
KYK: A black mamba and mongoose fight it out
Inwoners van Komatipoort se opinies wissel ook net so oor hierdie verskynsel. Sommige meen hy is uitgeput is bekommerd oor sy welstand, terwyl ander net verwonderd is oor hierdie oulike gewoonte.
LEES: Fishing trip turns to nightmare as croc attacks
