Hard newsLocal newsNews

Roomyswa slaan om in wildtuin na bestuurder se uitswaaislag

Die bestuurder van 'n roomysafleweringswa het gister in die Nasionale Kruger Wildtuin 'n noue ontkoming gehad toe hy vir 'n rooibok uitgeswenk het.

SKUKUZA – Die roomysafleweringstrok met die Nestlé-handelsmerkstempel wat gistermiddag sowat tien kilometer van Olifantskamp in die Nasionale Kruger Wildtuin (NKW) omgeslaan het, se bestuurder is net liggies beseer en sterk tans by sy huis in Kabokweni aan.

Mnr Hendrik van der Walt, nasionale bestuurder vir die R and R Ice Cream Company, wat roomyse onder die handelsmerk van Dairy Maid vervaardig, sê dat die bestuurder vir ‘n rooibok uitgeswenk het.

LEES MEER oor die gids wat met deernis teenoor ‘n rooibok opgetree het

Die bestuurder, mnr. Jabu Vusi Mthethwa, is werksaam by Mpumalanga Ice Cream, die verspreider van Dairy Maid-roomyse in die NKW.

Volgens Van der Walt het die afleweringswa met die swenkslag die pad verlaat  en omgeslaan. Sleepmerke van die voertuig se verf wys op die pad.

“Hy het my verseker dat hy by die spoedgrens gehou het. Ons sal dit Maandag met die opsporingstoestel kan nagaan,” het Van der Walt aan Laevelder bevestig.

Die roomyse in die koeltrok onder die handelsmerkstempels van Dairy Maid, Nestle en Cadbury, was op pad na die winkel in Letaba-kamp en kon gered word aangesien daar geen skade was nie. Dit is reeds by die kamp afgelewer.

Die trok is van die padskouer verwyder en word tot Maandag in Letaba-kamp gehuisves.

  • Van der Walt se maatskappy het onlangs die roomysvervaardiging en –verspreiding van Dairy Maid by Nestlé oorgeneem.

LEES meer oor die dag toe ‘n platgetrapte cheetah in die wildtuin gevind is

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button