Local newsNews

Len Muller stel nuwe musiekvideo vry

Die musiekvideo van Len Muller se gewilde enkelsnit, “Ek Glo”, is pas bekendgestel. Len, wat met sy aangrypende lirieke en strelende stem gewildheid verwerf het, se solo-loopbaan het in 2012 afgeskop. Sedertdien het hy ’n prominente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers sement.

“Ek Glo”, wat verlede jaar bekendgestel is, is die eerste enkelsnitvrystelling vanaf sy nuwe album, Oog van die Storm, wat in Junie uitgereik word. Die liedjie, wat deur Gideon Botes vervaardig is, is eie aan die Afrikaanse akoestiese styl waarvoor Len bekend is en self geskryf.

“Die lied kom uit ’n seisoen waar ek heelwat geloofspronge moes vat om dit te doen wat ek geroep is om te doen,” vertel hy.

“Ek wou graag ’n lekkerluisterliedjie skryf, waarop mense kan dans of selfs om die braaivleisvuur kan geniet. Daarom het dit ’n goedvoel-klank en ’n positiewe boodskap.”

Die beeldmateriaal vir die musiekvideo is oor die jare versamel en deur Duck Soup Productions aanmekaar gesit.

“Baie goeie vriende van my se troue is so ’n rukkie terug op video vasgevang. ’n Paar jaar later, was hulle eersteling op pad en die swangerskap op presies dieselfde plek afgeneem. Die idee met die video, was om ’n egte, ware liefdesverhaal te vertel van twee dierbare vriende wat elke dag dié groot geloofsprong neem. Ons wou vir mense wys dat jy steeds gelukkig getroud kan wees as jy bereid is om saam met iemand te waag in geloof”, verklap die sanger.

“Ek hoop dat dit vir luisteraars hoop sal gee, veral diegene wat moeilike tye in hul verhoudings beleef,” sê hy.

Die pragtige storie wat in die agtergrond afspeel pas perfek by sy aangrypende vertolking van die snit. Die eindresultaat is perfek en die video sal luisteraars weer van vooraf laat verlief raak op die kunstenaar se uitsonderlike talent.

Sien ook: Kaleidoskoop stel nuwe musiekvideo vry

Kyk ook: Afrikaanse sanger stel nuwe musiekvideo vry

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button