‘n Rebellie is op pad na teaters landwyd
Die bekende radiodrama en verhoogstuk, Die Rebellie van Lafras Verwey uit die pen van bekroonde plaaslike skrywer, Chris Barnard, begin op 7 April in landwyd fliekteaters draai. Die gesoute akteur, Tobie Cronjé vertolk die hoofrol.
MBOMBELA – Die Rebellie van Lafras Verwey word vervaardig deur die gewilde aktrise en regisseur, Katinka Heyns en GenevieveHofmeyr, onder leiding van Simon, Heyns en Barnard se seun.
Kyk die lokprent hier
Hierdie opkomende filmmaker maak ook sy debuut as regisseur van ‘n vollengte speelfilm met dié boeiende verhaal. Simon is tans mededirekteur van Sonneblom Ateljees wat in 1975 deur sy ma gestig is.
Simon het aan Laevelder gesê ten spyte daarvan dat resensies eers ‘n week na die fliek se vrystelling bekendgemaak word, het die rolprent tot dusver goeie terugvoer ontvang na die amptelike premiér, vroeg in Maart. Hy voel ook positief oor die vrystellingsdatum wat nader kom, maar bieg daar was wel struikelblokke tydens die vervaardiging van die film.
“My pa se dood was die mees deurslaggewende struikelblok, en is steeds,” het hy vertel.
Die bedrag wat die rolprent moet invorder om suksesvol te wees, moet nog bereken word, maar volgens Simon word, “enige dramafilm wat gelykbreek in Suid-Afrika beskou as ‘n groot sukses”.
Vir meer agtergrond, lees meer:
Skrywer se seun bring sy pa se boek na grootskerm
Skrywer se rolprent draai binnekort in teaters

