Local newsNews

Ouers hoor hoe om hul kinders gesond te hou

Go Fit Food en The Splat het verlede Vrydag kragte saamgespan om ouers meer inligting en oplossings op gesondheidskwessies rondom hul kinders te bied.

MBOMBELA – Probleme soos oorgewig, boelie, AGHS (ADHD) enAGS (ADD) is bespreek, asook hoe gesonde aktiwiteite soos oefening, speel, en die regte kossoorte kan help om die probleme op te los.

Suzette Powell van Go Fit Food het die gevare van kitskos en ‘n bankpatat-leefstyl uitgelig.

Tricia Badenhorst, Liezel Erasmus en Chrisna Taljaard.

Sy sê baie van hierdie probleme word dan ook vererger deur kinders wat uitgesonder, gespot en geboelie word oor hulle voorkoms, konsentrasie-afleibaarheid en hiperaktiwiteit.

Volgens Powell ervaar kinders ook ‘n hoëtempo-leefstyl, reeds op skoolvlak. Hoe maak jy as jy vir hulle ‘n voorbeeld van ‘n gesonde lewenswyse wil stel?

Natalie en Caterina Neto-Rodrigues en Maria Neto.

Go Fit Food se oplossing is om ouers te ondersteun en met die nodige vaardighede toe te rus.

Hulle bied ouers die geleentheid om meer tyd saam met hul familie te spandeer en seker te maak dat hulle gesinne gesond, gereeld en lekker eet.

Brenda Velloza, Louwdine Oosthuizen en Marlize Rossouw.

Die kos wat hulle voorberei, saam met addissionele dienste soos persoonlike en gesinsoefening met afrigting, help om gesonde lewenstyle te kweek – waar kinders en ouers as ‘n gesin gesond kan leef.

Dit is by The Splat aangebied, wat wonderlike fasiliteite en toerusting het waarmee kinders hulself vir ure kan besig hou terwyl mamma ‘n koppie koffie en lekker kos geniet.

Monique Boshoff en Nicole Vos.

Al hierdie spelery gebeur onder die wakende oog van kinderoppassers.

Zani Coetzee, medeeienaar van Go Fit Food, het vir die ouers gesonde kos op ‘n smaaklike manier aangebied – byvoorbeeld in plaas van ‘n melkskommel, ‘n groente en vrugte frullato – en gesonde idees vir pannekoek gewys.

Eugené Weit en Marike Freeman.

Ouers kan self hierdie maklike en gesonde kos maak, maar as jou lewe so gejaag is dat daar nie tyd is om hierdie kosse voor te berei nie, hoef jy nou nie meer na die “maklikste” en “vinnigste” oplossing soos brood en koffie met beskuit te gryp nie.

Sareta Lubbe, Laurika Mollentze en Sulandra Botma.

Go Fit Food kan help: hulle doen die moeite vir jou, berei die kosse voor en lewer vir jou af.

Zanté Vos, Zani Coetzee en Shiloh Roodt.

Vir meer inligting besoek gofitfood.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button