Opvolg: Die tyd is nou – Maimane kom bid saam
Groot massas mense het reeds by kampeertereine rondom Bloemfontein ingetrek om saam met evangelis Angus Buchan te bid.
BLOEMFONTEIN – Meer as ‘n miljoen aanbidders word vandag op die Wilde Als plaas net buite Bloemfontein verwag, om saam met evangelis Angus Buchan vir die land te bid.

Die nasionale gebedsdag onder die vaandel “Dit is tyd” sal bid dat geregtigheid, vrede en hoop in die land herstel word.

Bloemfontein Courant berig dat groot massas mense reeds by kampeertereine rondom Bloemfontein ingetrek het. Honderde Laevelders woon dit ook by.

Mnr. Kabelo Moloabi, woordvoerder vir die Vrystaat se departement van polisie, paaie en vervoer het bevestig dat verkeersbeamtes in plek gestel is om die hoë volume verkeer te reguleer.

Verrigtinge sal na verwag 12:00 afskop.

Lees ook: Fatalities continue to drop
Opvolg:

Mmusi Maimane, het die geleentheid bygewoon. Die Vrystaat DA leier, me. Patricia Kopane het aan Bloemfontein Courant gesê dat alhoewel hulle die DA verteenwoordig, hul ook mense is wat geestelike leiding nodig het.

