Local newsNews

Sjef kook Suid-Afrikaans in China

'n Oudinwoner, Barend Greyling (35) trap tans diep spore in China se kosbedryf en sy ouers, Ben en Marie se hempsknope bars van trots.

MARLOTHPARK – ‘n Oudinwoner, Barend Greyling (35) trap tans diep spore in China se kosbedryf en sy ouers, Ben en Marie se hempsknope bars van trots.

Barend is tans die uitvoerende sjef van die Naked Group en werk by die pragtige Naked Stables-vakansieoord in Hangzhou, China.

Naked Bites, een van die restaurante waar hy hoofsjef was, is in 2015 as die beste in Shanghai aangewys.

Van Sjef Barend se kosskeppings.

Hy het onlangs ‘n eetplek oopgemaak waar Suid-Afrikaanse braaivleis met vars groente en speserye bedien word.

Barend het al verskeie poste in die kosbedryf in Suid-Afrika beklee en het in die Verenigde Koninkryk in verskeie restaurante wat met Michelin-sterre bekroon is, gewerk. Hy was ook ‘n paar jaar in Spanje werksaam en het ‘n werkende gapingsjaar in Maputo geneem.

READ: Meet the Cooking Tenor – A fabulous singer and chef of Marloth Park

Hy is verloof aan Griki Lubbe, ‘n binnehuisversierder van Kaapstad wat in Shanghai woon en ook aan die Naked Group verbonde is.

Weens die spanningsvolle aard van sy werk het hy onlangs aan padwedlope begin deelneem. Hy het ‘n jaar gelede begin oefen nadat hy navorsing gedoen het oor watter sportsoort hy nog lank sal kan beoefen. Hy het verlede jaar sy eerste wedloop in sy tuisdorp gewen nadat hy in vier marathons met ongeveer 3 000 deelnemers deelgeneem het.

Barend Greyling het onlangs aan marathons begin deelneem en presteer puik.

Die sjef het Sondag in Wenzhou aan sy eerste ultrawedloop deelgeneem en 27ste uit 15 000 deelnemers geëindig. Aangesien hy heeldag werk, oefen hy elke oggend tussen 03:00 en 05:00 om topfiks te bly.

Lesers wat meer oor die sjef en sy omswerwinge wil lees, kan die Chef Barend – Rebel Chef Extraordinaire Facebook-blad besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button