Stella stel nuwe album, Nuwe Môre vry
Sien haar musiekvideo hier. Dié sangeres en liedjieskrywer is deel van die gospelgroep, Duis:Lig, wat ‘n Ghoema-toekenning vir beste gospelalbum vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen het.
Stella se debuut solo-album, Nuwe Môre, is op 28 April bekendgestel. Nuwe Môre verteenwoordig die rigting waarin haar musiekloopbaan gaan, en sal ook aanklank vind by kunsteraars wat ‘n nuwe begin wil hê om hul drome na te jaag.

Haar enkelsnit, “Nuwe Môre”, is reeds verlede jaar in April met ‘n musiekvideo uitgereik. Die tweede enkelsnit, “Deur Die Liefde en die Seer”, is in Maart vanjaar uitgereik.
Kyk Stella se musiekvideo hier:
Sy het haar album as modern, kontemporêr met ‘n bietjie pop- en folk-elemente beskryf.
“Ek wou liedjies insluit wat reflekteer wie ek as kunstenaar en mens is. Dit is ’n nuwe rigting vir my loopbaan en daarom is die titel gepas. Die grootste uitdaging was om my eie klank te vind. Ek hou van te veel goed en ’n mens moet balans vind tussen jou eie voorkeure en waarvan ander mense sal hou. Een liedjie verklap nie die res van die album nie. Daar is iets vir almal om mee te vereenselwig. Ek wil hê dat my musiek mense moet hoop gee, dat dit hulle moet seën en laat goed voel,” het sy gesê.

Sy het meeste van die liedjies self geskryf, maar Jake Odendaal, ‘n begaafde musikant en liedjieskrywer het haar met ‘n paar bygestaan. Hulle werk sedert 2013 aan die album.
Die “Berge Blou” is tans haar gunsteling, maar sy is ook mal oor “Onthou Jy Nog” omdat dit haar aan haar kinderdae herinner. Die album is op alle digitiale platforms, insluitend iTunes, Apple Music, Google Play Music en MiTracks beskikbaar.
Sien ook:
Child-porn parents plead guilty in court
Child Welfare needs community support
Provoking angels a noisy affair
