Hard newsLocal newsNews

Weesboelie kry liefdevolle huis na plaasaanval

Die boelie wat wees gelaat is na 'n plaasaanval en 'n verhuising, het 'n liefdevolle huis en 'n hondemaat, Jasmin, gekry.

MBOMBELA – Moshje, die boelterriër wat wees gelaat is na ‘n plaasaanval in Barberton, is uit en tuis by sy nuwe huis in die stad.

‘n Man, sy baaik en ‘n brak…

Sy eienaar, Peet van Es is tydens die aanval vermoor. Van Es se eggenoot, Arine Prins, het na die aanval na Nederland verhuis en het die hond by die DBV Nelspruit vir herplasing gelaat.

LEES meer oor die plaasaanval

Vic en Lizanne Peyper, is die nuwe trotse eienaars van die spelerige reun. Vic besit al meer as 20 jaar honde van hierdie besonderse skerpsinnige en moedige ras en het ook vir meer as twee dekades met hulle geskou. Sy spoghond, Dawid, het menige keer ‘n trofee losgeslaan.

Dit was nie deel van die Peypers se planne om nog ‘n boelterriër aan te skaf nie. Hulle was tevrede met hul reggemaakte teef, Jasmin (4), wat met die hand grootgemaak is.

Vic sien kans vir die getraumatiseerde hond wat nog tekens van stres toon. Hy is nou bykans ‘n week al deel van die gasvrye en gelukkige huishouding.

 

“Ek dink hy is effe hartseer en verward. Maar hy is veel rustiger as toe hy hier aangekom het. Onthou, alles in sy lewe het verander. Daar is bietjie werk aan sy gedrag, maar ons sien daarvoor kans,” sê Vic.

“Dit is ‘n groot verantwoordelikheid om so ‘n dier in te neem. Mens moet geestelik sterk wees om so ‘n hond te hanteer,” verduidelik Lizanne.

Lizanne Peyper

Sy is deur ‘n vriendin van die hond se verwydering van die plaas na die DBV Nelspruit vertel. Hulle het ‘n naweek daaroor gedink. Dit was nie ‘n besluit wat ligtelik geneem kon word nie.

Die paartjie was een van ‘n paar aansoekers wat as nuwe eienaars gekwalifiseer het. Toe die goeie nuus ontvang is dat hulle Moshje kon gaan haal, was daar nog egter die toets of die twee honde sou kon klaarkom. ‘n Besoek aan die DBV-hokke het gou bevestig die twee sou in vrede kon saamleef.

Asof hy weet hy is die onderwerp van bespreking, kom sit Moshje styf teen Vic aan.

Oubaas se “honne” vir wie ‘n nuwe lewe nou aanbreek, ver van die misdaadtoneel wat ‘n onuitwisbare merk op hom gelaat het, sal net deur tyd, liefde en aandag genees kan word.

• Brig. Leonard Hlathi, SAPD-woordvoerder het aan Laevelder gesê dat daar nog geen verdagte vir die moord op Van Es gearresteer is nie. Die ondersoek duur voort.

  • Wie is die Peypers se bekende Afrikaanse musikant-seun?Lees in vandag se Laevelder van hom.

LEES meer oor Van Es se bakkie wat gevind is

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button