Local newsNews

Vinnige vesel los digitale uitdagings op

Vir die duur van die Innibos-kunstefees word 'n splinternuwe digitale "dorp" as 't ware geskep om te sorg dat alles seepglad verloop.

MBOMBELA – Riaan Griesel, bestuurder van inligting- en kommunikasietegnologie-oplossings van South African Digital Villages, verduidelik dat die optiese vesel wat dié maatskappy vir die feestyd installeer, nodig is vir alle telefoon- en internetkommunikasie tussen die onderskeie feeskantore.

Die hoëspoed-veselnetwerk help ook dat die onderskeie Computicket-stelsels tussen al die feeshekke en kaartjiebesprekingskantore met mekaar in pas is, terwyl ‘n netwerk vir die veiligheidsmaatskappy op die terrein geïnstalleer is om dit vir hom moontlik te maak om alle veiligheidskameras vanuit die beheerkamer intyds te monitor.

Volgens Griesel is optiese vesel van sowat drie kilometer lank in en om die feesterrein geïnstalleer. ‘n Gratis Wi-Fi-hoëspoeddiens is vanjaar vir die eerste keer in die BBP-losies beskikbaar en daar word beoog om dit aanstaande jaar na sekere areas op die res van die feesterrein uit te brei.

Tydens Innibos sal daar ook verskeie spesiale aanbiedings vir inwoners wees om optiese vesel na hulle huishoudings te installeer.

Andy Lubbe, feesbestuurder, sê dié infrastruktuur is een van die pilare waarop Innibos steun om van die fees ‘n sukses te maak.

“Al hierdie onsigbare strukture dra tot die veiligheid van die feesterrein by en help verseker dat almal dit ten volle geniet.”

Interessante feite:

• Sowat vier ton ys en 150 000 plastiekglase word tydens die fees op die terrein gebruik.
• Daar is sowat 750 neonligte wat lig vir feesgangers se doen en late verskaf, met meer as 45 000m elektriese kabel en ongeveer 3 500 kabelbinders (cable ties) net vir die elektriese installasie.
• Om almal te kan laat draaie loop, word 3 900 rolle toiletpapier gebruik.
• Sowat 16 000 vullissakke word gebruik en daar is 50 skoonmakers wat oor 70 skofte saam 3 438 uur werk om alles skoon te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button