Lekker drinkgate wag
'n Fris, sonnige oggend het Woensdag feesgangers van regoor SA begroet toe die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees amptelik sy hekke oopgemaak het.
Hoewel die fees nog in die beginstadium is, was die watergate wat beloof om besoekers vir die volgende vier dae na hartelus te verfris, reeds van vroegoggend af bedrywig.
Dit sal sonder twyfel elke smaak bevredig deur oneindige opsies wat oudergewoonte te koop aangebied word.
Nelspruit Hospice se caipirhinias
Dié geliefkoosde nasionale kelkie van Brasilië is heerlik. ‘n Definitiewe kuipstop. Die drankie bestaan uit Cane, Sprite, suurlemoen en suiker en sal jou R45 vir 500ml uit die sak jaag. As jy kans sien vir ‘n hervul, betaal jy slegs R35 mits jy steeds jou glas het. Oor selfsprekende redes, word die feesgangers beperk tot slegs vier per persoon. Jy was nie by Innibos as jy nie ‘n caipirhinia gehad het nie – dit is immers vir ‘n goeie doel.

Mary Lebotschy (uitvoerende bestuurder van Nelspruit Hospice) en Patsy Blignaut.
Castle Watergat
Die Castle Watergat in die hartjie van die feesterrein is beslis die plek om te wees. Dit bied ‘n wye verskeidenheid kraanbier, hardehout, appelbier en natuurlik ook ‘n paar pophuisbiere soos Brutal Fruit. Daar is genoeg sitplek vir jou vriende, en hulle vriende se vriende. Kom geniet ‘n koue een met goeie geselskap.

Van Loveren Wyntuin
As jy ‘n wynliefhebber is, is die nét die ding vir jou. Hulle bied nie net ‘n ruim keuse wyn aan nie, maar ook Tangled Tree wat beslis ‘n Laeveldgunsteling is. Koop ses bottels van laasgenoemde teen R40 elk en kry ‘n handige rugsak gratis. Wat jou lewe nog meer gereiflik gaan maak, is ‘n sjiek ysbak teen R40, wat teen slegs R5 met ys hervul kan word.

Van Loveren Wyntuin
The Mhoba Rumtuin
Local is lekker. Dié rum word op plaaslike bodem, in die hartjie van die Onderberg vervaardig. Die rumtuin bied ‘n heerlike atmosfeer onder koeltebome en sambrele, met André van Rooyen wat die voete van 12:00 tot 16:00 sal laat jeuk met sang en slaginstrumente.

André van Rooyen by die Mhoba Rumtuin
Original Skemerkelkie
Die weerprofete voorspel ‘n matig tot baie warm week, so maak seker dat jy ‘n draai by die skattige Orginal-stalletjie maak. Hulle bied ses verskillende skemerkelkies wat wissel van pina coladas, margaritas, strawberry daiquiris en mojito’s, tot cosmopolitans en Singapore slings. Net vir ingeval, sal dié drankie in ‘n uitvalvrye jam jar gegooi word – perfek vir wanneer jy deur die stalletjies snuffel.

Feesgangers moet liefs daarvan kennis neem dat geen stalletjies drank na middernag mag verkoop nie. Maar, moet jou nie bekommer nie, jy kan tot 01:00 aan die wye verskeidenheid eetgoed smul.
