Local newsNews

Alleen is vir die voëls, vang so ‘n droomvrou

Die fondasie is gelê - die res hang van jou af. Hier is 'n paar moets en moenies wanneer dit by optelfrases kom.

Is jy moeg daarvoor om enkeloppend te wees? Begeer jy ‘n verhouding soos dié van Willie en Franja Engelbrecht, die droompaartjie op Woensdag se Muskiet-voorblad? Niks laat ‘n meisie se hart so warm klop soos Jo Black, Bobby van Jaarsveld, en ‘n goeie optelfrase nie (Muskiet se vertaling van ‘n pick-up line). Maar, niks sit haar so vinning af soos ‘n onsmaaklike een nie.
Die fondasie is gelê – die res hang van jou af. Hier is ‘n paar moets en moenies wanneer dit by optelfrases kom.
Moenies
• “Is jy ‘n kulkunstenaar? Want as ek na jou kyk verdwyn almal.” Veertigduisend mense? Verdwyn? Nee!
• “Weet jy waarvan my hemp gemaak is? Kêrelmateriaal.” Waarskynlik katoen, boet.
• “Hou jy van dans? Nou gaan dans ‘n bietjie laat ek met jou vriendin kan praat.”
• “Het die son jou gebrand of is jy altyd so hot?” Sy gaan jou waarskynlik vra of haar gesig rooi is.
• “Is jy ‘n weeshuis? Want ek wil vir jou kinders gee.” Sies!
• “Ek weet jy’s nie ‘n klip nie, maar vir jou sal ek gooi.”
• “Ken ek jou? Jy lyk soos my
volgende meisie.”
• “Ekskuus, ek kyk nie na jou borste nie, ek kyk na jou hart.”
• “Kan ek jou huis toe volg? Want my ouers het gesê ek moet my drome volg.”
• “Lyk of jy koud kry. Wil jy my as ‘n kombers gebruik?”
Probeer eerder dié (maar maak eers
seker sy het nie ‘n kêrel nie)
• “Glo jy in liefde met eerste oogopslag of moet ek weer verby loop?”
• “Jy laat my dink aan ‘n kamera, want elke keer as ek vir jou kyk glimlag ek.”
• “Het jy vir my ‘n pleister? Want ek het my knie seergemaak toe ek vir jou val.”
• “Het jy ‘n potlood? Want ek wil jou verlede uitvee en jou toekoms herskryf.”
• “Het jy ‘n padkaart, want ek raak verlore in jou oë.”
• “Jy skuld my ‘n dop, want ek het myne verloor toe ek jou sien.”
• “Ek dink ek het my selfoonnommer verloor. Kan ek asseblief joune kry?”
• “Is jy van Australië af? Want jy voldoen aan my koala-fikasies.”
• “As ek ‘n kat was sou ek al nege my lewens met jou spandeer.”
• “Jy het nou so stomgeslaan, ek het my pick-up line vergeet.”

Lees ook: Skare verlustig hulle aan skouspelagtige vertonings

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button