Local newsNews

Geredde likkewaan is nou een been minder

Die likkewaan wat verlede Sondag deur 'n vragmotor raakgery is, se linkeragterbeen is Donderdag afgesit. 

MBOMBELA – Inspekteur van Nelspruit DBV, Marcelle Hoffman, het op dié dierasie afgekom nadat dit teen ‘n damwal, op tot in die pad geklim het.

Hoffmann het haar verlede Maandag na Van Wijk Voël- en Dierekliniek vir X-strale geneem.

Dr. Jaco Coetzee en De la Rey Brugman, wat die reptiel behandel het, het met Onderstepoort se Veeartsenykundige Akademiese Hospitaal geskakel om hulle opinie oor die likkewaan se gebreekte been te kry.

Die fraktuur net onder haar knie was lelik beskadig en die stukkie tussen die knie het die dokters met beperkte spasie gelos om mee te werk.

“Haar been het erg begin swel en dit het ons met geen ander opsie gelos as om dit af te sit nie,” het Hoffman Saterdag op Nelspruit DBV se Facebook-blad gesê.

“Sy het ten volle herstel en die operasie het beslis haar lewe gered. Sy gaan nou na ‘n rehabilitasie-sentrum gestuur word en hopelik kan sy binnekort weer na haar oorspronklike habitat toe terugkeer,” het Hoffman gesê.

“Dankie aan die dokters van Van Wijk Dierehospitaal. Julle het so mooi na haar omgesien. Ons is so bevoorreg om daagliks met diere te werk.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button