Kom beleef ‘n Oosterse geïnspireerde aan te ere van Charlene
'n Aand van henna-tatoe's, kos en musiek verwag besoekers na Charlene Els se fondsinsamelingsaand by die Bingela-gastehuis volgene Vrydag
MBOMBELA – Die stad se eie klein vegtertjie, Charlene Els (5) gaan steeds van krag tot krag. Die koerant het al verskeie kere oor die vordering van dié dogtertjie wat al diep in Laevelders se harte gekruip het, berig.
Charlene het by geboorte weens ‘n suurstoftekort serebrale verlamming opgedoen. Sy beleef spierspasmas en dan sukkel sy om te beweeg. Haar gehoor en sig is ook deur die verlamming aangetas.
Skenkings en die publiek se ondersteuning van fondsinsamelingsgeleenthede ten bate van die kleuter stel die gesin egter in staat om die kostes te hanteer. Laevelder het vroeër berig hoe stamselbehandeling ‘n groot verbetering gebring het.
Daarom word ‘n spesiale byeenkoms, met ‘n Oosters-geïnspireerde aand van vermaak, eersdaags beplan.
Dit vind op 29 Julie by Bingelela-gastehuis plaas. Gaste kan volgens die tema aantrek en na heerlike kerries en henna-tatoeëerkunstenaars uitsien.
Die gewilde Natasha C sal die aand se musikale vermaak verskaf. Kaartjies beloop R250 per person en ‘n kontantkroeg is beskikbaar.
Vir verdere inligting, kontak Charlene se ouma, Carin Boshoff by 072-617-0513.


