Local newsNews

Buurtwag neem deel aan massapatrollie

Die buurtwaglede het tot 03:00 die strate van Witrivier gepatrolleer.

AfriForum se Witrivier-buurtwag het onlangs ‘n massapatrollie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en Full Circle Sekuriteit gehou.

Lees ook: Boosdoeners in Witrivier se dae is getel 

“Geen ernstige voorvalle van misdaad is aangemeld nie, maar die doel van die patrollie was om sigbaarheid in die omgewing te verhoog.

“Volgens statistiek is daar die afgelope tyd ‘n toename in inbrake by huise en plase in die gebied. Patrolleerders het ook gepoog om dwelmhandelaars en -gebruikers te identifiseer,” sê mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.

Die patrollie het om 20:00 met ‘n inligtingsessie by die Witrivier-polisiestasie begin waartydens die operasionele plan aan al die betrokke partye verduidelik is.

SAPD en Afriforum stuit grondgryp in Witrivier

Die buurtwaglede het tot 03:00 die strate van Witrivier gepatrolleer. Sestien voertuie het altesaam 1 318 kilometer afgelê en elke lid het meer as sewe uur vir die gemeenskap se veiligheid opgeoffer.

“Goeie samewerking en kommunikasie tussen die plaaslike polisie en ander veiligheidsrolspelers is belangrik en het tot die sukses van die massapatrollie gelei,” sê mnr. Johan Pelser, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Witrivier-tak. Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Witrivier” na 45350 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button