Local newsNews

Dameskring vier 50-jaar in styl

Lede van die Dameskring het van heinde en verre gekom om die christelikke organisasie se 50ste bestaanjaar te herdenk.

WITRIVIER – Die Dameskring het Saterdag by Magnolia-restaurant in die Casterbridge-sentrum vir ‘n ontbyt ontmoet om die kring se 50ste bestaanjaar te herdenk.

Lede van dié christelike organisasie het van heinde en verre gekom om die dag te vier.
Tussen die gekuier deur is daar besin oor waar hulle as organisasie vandaan kom en waarheen hulle op pad is.

Nasionale President van die Dameskring, Marda Oosthuysen.

“Ons leef in ‘n wêreld waar dinge vinnig moet gebeur, ons moet meer geduldig wees,” het Marda Oosthuysen, president van die Dameskring, gesê toe sy die vroue aangespoor het om mee te werk aan die veranderinge wat hulle in hulle gemeenskap en die wêreld wil sien kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button