Local newsNews

Fondse nodig om dogtertjie te help kommunikeer

'n Jong inwoner van Malelane het Prader-Willisindroom, 'n genetiese afwyking wat veroorsaak dat sy altyd honger voel en spierprobleme het. Find out hoe gemeenskapslede die meisiekind kan help om beter te kommunikeer en met haar skoolwerk op te vang.

MALALANE – Die meeste van ons kan redelik knorrig raak as ons ‘n maaltyd gemis het, maar kan jy jou indink hoe dit moet wees om die heeltyd honger te voel?

Hierdie gevoel is juis waarmee mense wat aan Prader-Willisindroom ly, sukkel en hulle dwing om aan te hou eet.

Een van Malalane se jong inwoners, Lareine Carstens, ly aan hierdie seldsame siekte en werk saam met ‘n span terapeute en dokters om gelukkig en gesond groot te word.

Lareine Carstens.

Mense wat Prader-Willisindroom het, het gewoonlik swak spiere en eetprobleme na geboorte, en sukkel later met vetsug, ‘n kort statuur, as ook verstandelike en gedragsprobleme.

Die genetiese afwyking veroorsaak hoofsaaklik dat persone nooit versadig voel nie, want die hormoon wat hulle eetlus beheer, skei nie die regte hormoon af nie.

Die vyfjarige dogter is reeds op drie maande met Prader-Willi gediagnoseer en het swak spiere gehad, maar danksy groeihormone en terapie kan sy nou byna loop en hardloop soos die res van haar ouderdomsgroep.

Ma Paula vertel dat kos ‘n daaglikse oorlog in hulle huis veroorsaak en dat pa Alwin, sus Arissa (8), familie en vriende Lareine mooi moet dophou om seker te maak sy eet nie te veel nie.

Terapeut Ronel Lourens help Lareine met oefeninge.

Hulle moet die kombuis toegesluit hou en versigtig wees as hulle oor kos praat of soontoe gaan, anders wil Lareine nog hê.

“Sy voel skuldig as sy kos vat wat sy nie mag nie en kan nie daaroor jok nie. Sy bly egter permanent honger, so sy kan dit nie verhelp nie,” verduidelik Paula.

Benewens hulle stryd met kos, sukkel Lareine ook om te kommunikeer, wat groot frustrasie (en uitbarstings) veroorsaak.

READ: Healthy Friday: Not only are mushrooms delicious, they are a “functional food”

Paula vertel dat hulle ‘n tablet met Afrikaanse programme opgespoor het, wat Lareine sal help om met ander te kommunikeer en haar mettertyd sal leer om self langer sinne te sê.

Dit kos egter ongeveer R15 000 en het hulle genoop om ‘n nuwe fondsinsamelingsprojek te loods, aangesien Lareine die tablet dringend nodig het.

Maddie’s Reborn Babies het aan die gesin ‘n pragtige pop geskenk wat opgeveil gaan word. Die pop sal toegeslaan word op die hoogste bod wat teen volgende Vrydag (18 Augustus) op Lareine se Facebook-blad geplaas word.

Lareine word tans by die huis onderrig sodat sy akademies kan opvang om sodoende weer in ‘n hoofstroomskool te kan funksioneer. Die tablet sal baie met die agterstand kan help.

READ: Healthy Friday: 8 High fat foods that are incredibly good for you

Gereelde fondsinsamelings is noodsaaklik vir die gesin aangesien Lareine daagliks ‘n groeihormoon ingespuit moet word en vir spraak-, fisio-, arbeids- en sielkundige terapie moet gaan. Die gesin moet ook elke drie en ses maande Lareine neem om verskeie spesialiste in Pretoria te besoek.

Die volgende fondsinsameling is ‘n gesinskietdag by Elsjan Skietbaan naby Komatipoort op 16 September.

Vir meer inligting oor fondsinsamelingsaksies en Lareine, besoek gerus die Lareine Carstens Facebookblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button