Oud-Springbokke kuier saam in Marloth Park vir spesiale reünie
Meer as 40 jaar ná hulle saam as 'n o/21-Springbokspan getoer het, het 'n groep oudrugbyspelers weer saamgekuier, dìe keer in Marlothpark.
MARLOTHPARK – Die o/21 Springbokke van 1975 het verlede week vir ‘n paar dae in Marlothpark reünie gehou en die omgewing se besienswaardighede uiters geniet.
Die groep is van die laastes wat nog oorsee gaan toer het voordat grootskaalse boikotte van apartheidsport begin is.
Spelers meen dat hulle 1975-groep ‘n besondere een was aangesien hulle vir ‘n paar maande saam getoer en ‘n baie hegte band gesmee het. Hierdie vriendskapsband is steeds vir hulle kosbaar.
Saterdagmiddag het die jolige groep ‘n geselligheid by Amazing River View Restaurant bygewoon om die spesiale geleentheid formeel af te sluit.

Nadat die oudspelers en hulle gades met ‘n drankie op die stoep uitgespan het, is daar ‘n hond uit ‘n bos gekuier en oor die ou dae gesels. Die groep het die pragtige uitsig oor die Krokodilrivier en Krugerwildtuin geniet en was traag om na binne te gaan.
READ: Club’s 50th celebrations start off with action-packed rugby weekend
Na skemer het hulle ‘n smaaklike driegangmaaltyd in die gesellige restaurant geniet, met spyskaarte in die vorm van rugbytruie met die spelers se ou nommers daarop.
Die seremoniemeester, Morné du Plessis het vertel dat die geleentheid vir hom spesiaal is aangesien hy in 1975 gebore is.
Die groep het vir die eerste keer in 2005 reünie gehou en sedertdien elke twee of drie jaar probeer om ‘n bymekaarkoms te reël.
Almal wat ‘n bydrae tot die wonderlike geleentheid gelewer het, is bedank vir die heerlike kos en ander bederfies. Die vroue is ook vir hulle ondersteuning bedank.
READ: Organisation reports on progress in Marloth Park
Daar is ‘n heildronk ingestel op kamerade wat oorlede is en dié wat nie die geleentheid kon bywoon nie, voordat die groep tot laat saamgekuier het.
