Formidabele vroue van Witrivier: Sandra Bekker
"Ek het nooit regtig besef hoe belangrik dit is vir 'n eienaar van 'n besigheid om fisies betrokke te wees met die daaglikse take nie."
“Toe my een installeerder bedank, het ek maar self ingespring om kostes te bespaar,” sê Sandra Bekker, wat nou reeds ‘n jaar in haar huidige werk as glas installeerder werk by haar eie besigheid, Midway Auto Glass.
“My rol is uiters belangrik in my huidige werk, ek het maar altyd in die kantoor gesit die admin en doen, en nooit regtig besef hoe belangrik dit is vir ‘n eienaar van ‘n besigheid om fisies betrokke te wees met die daaglikse take nie. Dit is vir my vervullend om vir mense uitstekende kliëntediens te gee, en met die dat ek self betrokke is met die installeering van die glas is dit vir my moontlik.
Daar is beslis plek vir vroue in my beroep, alhoewel dit fisies harde werk is, maar die belangstelling en passie moet die dryfveer agter die loopbaanbesluit wees.
“Moenie jou unieke vrouwees net beperk tot Vrouemaand nie, staan sterk in jou beproewinge en vertroue met jou hele wese in die Hemelse Vader en glo in jou vermoë om ‘n sukses te maak van wat jy ook al aanpak.”
Wondrous women of White River: Loretta Coetzee
Wondrous women of White River: Joey Potgieter
Wondrous women of White River: Bonita Toerien
