
Laevelder se lesers staan ‘n kans om ‘n dubbel-weekkaartjie na Innibos 2018 te wen. Al wat jy moet doen, is om jou versteekte Ou Joe in vandag se gedrukte uitgawe te soek, en as joune ‘n Laeveld Media-seël daarop het, en jy eerste by ons kantoor opdaag, sal jy ‘n wenner wees!
Moet nie vergeet om jou Ou Joe 90-kaart saam te bring om te bewys dat jy aan die kompetisie deelneem nie.
Innibos het elke jaar ‘n tema. In 2012, toe die fees nege jaar oud geword het, was die tema “die kat kom weer”, want ‘n kat het mos nege lewens! Dit was dan ook die jaar dat Old Joe hom verbeel het hy is ook ‘n kat!

Dink mens aan die Laeveld, dink mens onwillekeurig aan Old Joe wat jou naby Patatanek verwelkom, en ook aan Innibos. Old Joe is uniek aan die Laeveld.

Die fees, wat in 2004 vir die eerste maal plaasgevind het, het oor die afgelope 14 jaar gegroei tot een van Suid-Afrika se grootste kunstefeeste. Innibos is ook al drie maal in die afgelope vyf jaar aangewys as die land se gewildste kunstefees!

Meer as 300 kunstenaars, sangers, musikante, skrywers en akteurs tree elke jaar by Innibos op en verskaf vermaak in ‘n wye reeks genres: drama, komedie, klassieke musiek, musiekteater, dansteater en visuele kunste is maar net ‘n paar van die vertonings en uitstallings wat jy hier sal raakloop!

Voeg daarby ‘n feesterrein propvol heerlike kosstalletjies, interessante kunsmarkprodukte en lekker musiek, en jy het ‘n wensresep vir heerlike ontspanning!
Besoek Innibos by 5 Faurie Straat in Sonpark, of besoek hulle webwerf.

