Local newsNews

Euro-pret vir die Bergvlam se leerlinge

'n Voëljie het gefluit dat volgende jaar se trip by Hoërskool Bergvlam na Italië toe gaan

‘n Totaal van 13 Hoërskool Bergvlam-leerlinge het die ervaring van hul lewens gehad toe hulle saam met onderwysers Sanet Steyn en Jacolien Neethling, die prag van Europa ervaar het.
Die groep het onlangs ‘n toer van Duitsland, die Tjeggiese Republiek, Oostenryk en Hongarye meegemaak.


Hulle het ervaar hoe trots die lande se inwoners op hul kultuur en geskiedenis is.

Hulle het die Sachsenhausen-konsentrasiekamp in Duitsland, waar duisende staatsgevangenes aangehou was, sowel as gaskamers waar Jode deur Adolf Hitler se Nazi-regering tydens die Tweede Wêreldoorlog tereggestel is, bedoek.
Stede soos Berlyn, Dresden, Praag, Wenen en Budapest is boomryk met prentjiemooi kastele en ongelooflike geboue wat van eeueoue argitektuur spreek.

In elke stad het die groep op besigtigingstoere gegaan.
In Praag en Budapest het hulle per boot die grootste deel van die stad besigtig.

Hulle het eerstehands beleef hoe Europa in die somer lowergroen en silverskoon is.
Elke dag het soveel nuwe dinge, mense en ervarings ingehou, dit was te veel om op te noem.

Die wonderlike toer was uitstekend gereël en die toergroep se verblyf en kos was ook van hoogstaande gehalte.


By die Hamad internasionale lughawe in Doha, Katar staan ‘n gesegde: “Dis ‘n groot wêreld daarbuite. Gaan verken dit.”

‘n Voëltjie het gefluit dat volgende jaar se toer- leerlinge na Italië gaan neem en onder meer Venesië insluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button