Local newsNews

Spreker konfronteer ouers met onstellende feite

Verhoudingskenner en Christelike skrywer, Gretha Wiid het verlede week 'n praatjie met die tema, "Pêlle, Partytjies en Groepsdruk. Ken Jy die Waarheid?" by Hoërskool Bergvlam gehou.

MBOMBELA – Ongeveer 136 mense het die funksie bygewoon. Janine de Bruno Austin het die veiling vir Helpende Hand behartig.

Dié het R14 550 ingebring en Helpende Hand Laeveld-tak het besluit om Huis Bethlehem die begunstigde van die fondswerwingsprojek te maak.

‘n Portchie-skildery se veilingsprys het by R3 000 begin en is vir R8 250 verkoop.

“Baie dankie Janine – die veiling het ons fondsverwing ‘n goeie hupstoot gegee. Dit is vir ons wonderlik dat ons gemeenskap se bydraes teruggeploeg kan word in ons gemeenskap waar verligting nodig is,” het Elsabé Aylward van Helpende Hand gesê.

“Ons het natuurlik die aand ook benut om ondersteunerswerwing te doen,” vertel Aylward.

Die ouers wat die praatjie bygewoon het, het glo ongelooflike waarhede gehoor.

“Ons as ouers moet besef dat dit belangrik is dat ons weet wat in ons kinders se lewens aangaan. Ons moet bewus wees van hulle emosionele behoeftes en ‘n vangnet wees.”

Indien iemand by Helpende Hand Laeveld-tak betrokke wil raak of maandeliks met R50 wil ondersteun, skakel Elize Visser by 079-485-7779.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button