NHS se beeldskones glinster op verhoog
Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die skool?
MBOMBELA – Hoërskool Nelspruit het verlede week tydens ‘n glansfunksie, die jaarlikse Mnr. en Mej. NHS aangebied.
Tien seuns- en 10 dogtersfinaliste moes hulleself in ware skoonheidkompetisie-styl optof en hul beste voetjie op die loopplank voorsit om die beoordeelaars en die gehoor te beïndruk.
Dié jaar se graffiti-tema en Joe Black as gaskunstenaar en seremoniemeester het die aand ‘n moderne en vars aanslag gegee. Vanjaar se beoordeelaars was Bianca Rennison, Mark Pretorius, Inge van Dyk, Emile Temperman en Dean Alberts.
Die beoordeelaars het vooraf met die finaliste onderhoude gevoer om hulle ook agter die skerms beter te leer ken.
Maar die kompetisie gaan nie net oor die mooiste gesiggie nie. Al 20 deelnemers het die afgelope paar maande hard gespook om geld in te samel.












