Local newsNews

Komati-leerling help slagoffer op ongelukstoneel

'n Leerling van Komatipoort Akademie het bewys dat Barmhartige Samaritane nog bestaan toe hy 'n vrou bygestaan het na 'n motorongeluk op die N4.

KOMATIPOORT – Personeel van Komatipoort Akademie was uit die veld geslaan toe ‘n dankbare ongelukslagoffer hulle verlede Vrydagoggend bel om te vertel van ‘n leerling wat haar bygestaan het.

Die vrou wou van die skool weet wat hulle doen dat hulle sulke spesiale kinders oplewer en het hulle van haar “engel” vertel.

Sy was verlede Woensdag in haar motor op die N4 onderweg toe sy noodgedwonge moes uitswaai om ‘n trompopbotsing te vermy. Sy het beheer oor die motor verloor en in die veld langs die pad beland.

LEES: Fondse nodig om dogtertjie te help kommunikeer

Die eerste persoon wat by haar stilgehou het, was die onderhoofseun, Emil Dorey, wat op pad was na ‘n doktersafspraak in Mbombela.

Hy het haar naasbestaandes en ander belangrike persone geskakel en by haar gebly totdat hulp opgedaag het. Emil het haar ondersteun, in haar toestand van skok vasgehou en selfs vir haar ‘n gebed gedoen.

Die skool se onderhoof, mnr. Stephan du Plessis, het Emil Maandag tydens saalopening spesiaal vir sy onbaatsugtige en barmhartige daad geloof.

READ: Exotic animals help to teach kids about wildlife conservation

Hy moes opstaan en die hele skool het spontaan vir hom begin hande klap.

Wat het Emil laat stilhou? “Ek stop altyd by mense om te help, veral wanneer dit ouer vroue is,” het hy geantwoord. Die daad is duidelik nie vir hom buitengewoon nie, maar deel van sy menswees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button