Local newsNews

Olifante van kant gemaak wat landerye verniel

Twee rondloper olifante, vermoedelik uit Mosambiek, is vandag in die Coopersdal-omgewing vakant gemaak nadat hulle ernstige skade aan landerye en boerderygewasse aangerig het.

Twee van vier rondloper olifante moes vandag in die Coopersdal-omgewing naby Komatipoor van kant gemaak word.

Die Koei en kalf het toe reeds ernstige skade aan landerye en boerderygewasse in die omgewing aangerig en is deur amptenare van die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap (MTPA) geskiet.

Daar word vemoed dat die olifante uit Mosambiek afkomstig is, aangesien hulle nie in ‘n goeie kondisie was nie. “Dis moontlik dat hulle daar deur iets gejaag en toe hulle pad hierheen gevind het,” sê een van die amptenare.

Volgens ‘n verklaring deur die MTPA was dit te ver van die wildtuin af om hulle met helikopters terug te jaag, veral omdat daar ‘n kalf in die groep was. Hulle het ook reeds heelwat landerye en tuine verniel en werkers op die plase se lewens in gevaar  gestel.

Die ander twee olifante was steeds op vrye voet en waarskynlik na die Mananga-gebied op pad. “Ons soek nie nou na hulle nie, want ons hoop altyd dat hulle iewers ‘n tuiste sal vind, maar as ons weer klagtes oor hul gedrag ontvang, sal ons daarvan werk maak,” het ‘n amptenaar gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button