Vyn Wyngaard gesin doen beroep op Laevelders se goeie harte
Jason van Wyngaard, 'n serebraalgestremde seun waaroor Nelspruit Post al voorheen berig het, se ma Jackie Van Wyngaard sê dat die gesin tans enige finansiële ondersteuning sal waardeer.
Volgens Van Wyngaard gaan dit goed met haar seun wat outisties is, aan epilepsie lei en kortikaal blind is (hy kan sien, maar sy brein kan nie voorwerpe benoem nie).
“Hy reaggeer goed op die terapie wat voorgeskryf is en ons sien by die dag vordering,” sê sy, maar is bekommerd oor die gesin se vermoë om verdere behandeling vir hom te kry.
Volgens haar begin haar seun ‘n roetine volg en kan hy tans ‘n hele paar dinge self doen wat hy voorheen nie kon nie.
“Hy kan homself tussen ‘n klompie mense goed gedra en begin nou al om self te eet en drink. Die terapie werk verseker en vir ons om elke dag sy vordering en potensiaal vir verbetering te sien, gee ons hoop,” sê Van Wyngaard.
Lees meer: Help Jason to triumph the odds
Maar die pad na verbetering is nog lank. Sy ma is tans naarstiglik besig om die R83 000 wat nodig is om hom in Februarie 2018 vir evaluasie na die Family Hope-sentrum te neem, in te samel.
Daarvoor doen sy ‘n beroep op die Laeveldse gemeenskap om op enige manier hand by te sit.
Van Wyngaard weet glad nie hoe hulle die fondse voor Desember sal kan insamel nie. Volgens haar, sal enige ondersteuning ‘n verskil maak, al is dit net ‘n voorstel vir hoe hulle dalk ‘n insamelings-veldtog van stapel kan stuur.
“Om te weet dat ons dalk nie die evaluasie sal kan bywoon nie en sodoende niks verder vir hom kan doen nie, is hartverskeurend,” sê sy.
Lees ook: Lowveld High spoils Dasha with surprise
“Ons wil by voorbaat vir die gemeenskap bedank vir al hul ondersteuning tot dusver. As ons Februarie die evaluasie kan doen, glo ek sal ons koppe deur wees,” sê Van Wyngaard wat baie graag eendag wil sien hoe haar seun, soos ander seuns van sy ouderdom op dinge om hom kan reageer.
Lesers kan direk met Van Wyngaard in verbinding tree by tel:073-027-9106 of JackievanWyngaard@gmail.com.
