Hard newsLocal newsNews

Gemeenskap maak vir Antoiné hul harte en hande oop by Innibos

Feesgangers het verlede Sondag tydens die Loof Hom Innibos-afsluitingskonsert 'n allemintige R54 000 vir Antoiné Dingle (3) se mediese kostes ingesamel. 

MBOMBELA – Laevelder het reeds verskeie kere berig hoe Antoiné ‘n trageotomie moes ondergaan.

Sy het sentrale apnee-hipopneesindroom wat nie deur mediese fondse erken word nie. Dit is in der waarheid twee sindrome en vir een mens om aan albei te ly, is baie skaars.

LEES MEER: Kleuter uiteindelik terug by die huis

Hoewel die trachi help, het dit die woelwater van Witrivier se lewe onherroeplik verander. Sy het ook verskeie mediese kostes: Die trachi se filters alleen beloop byvoorbeeld R7 000 per maand.

Soos die res van die gemeenskap wat gereeld fondsinsame-lingsinisiatiewe vir die Dingles van stapel stuur om te help met Antoiné se mediese kostes, het Innibos verlede week besluit dat die donasies by die afsluitingskonsert aan die gesin geskenk sal word.

Antoiné se ma Melanie sê sy is baie dankbaar vir mense se goedhartigheid. Sy verduidelik dat daar tydens die konsert donasiebokse omgestuur is nadat Jo Black verduidelik het waarvoor die geld is.

Verder het die Lions Club R20 000, i’langa Mall R2 000 en Citybug R2 000 vir dié dogtertjie ingesamel.

Bo en behalwe die daaglikse mediese uitgawes kan ‘n diafragmapasaangeër Antoiné in staat stel om nie meer die trachi te benodig nie en ‘n normale kinderlewe te kan lei, maar dit moet uit die VSA ingevoer word.

Navrae: Attie Dingle by 071-240-1004 of Melanie Dingle by 071-240-1005 of  062-466-8191.

SIEN OOK: Woelwater benodig hulp om vrylik asem te kan haal

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button