Hard newsLocal newsNews

Ma sterf langs drie-jarige dogtertjie

'n Gruongeluk ten aanskoue van haar drie-jarige kind het Vrydagaand die lewe van 'n geliefde 39-jarige vrou in Mbombela geëis.

MBOMBELA – ‘n Gruongeluk ten aanskoue van haar drie-jarige kind het Vrydagaand die lewe van ‘n geliefde 39-jarige vrou in Mbombela geëis.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Erhard Stroh, is Annelien Botha op die toneel dood verklaar en haar dogtertjie vir geringe beserings na Rob Ferreira Hospitaal afgevoer. Sy is vroeg die volgende oggend ontslaan.

 

Luidens ‘n verslag deur Stroh, het ‘n ooggetuie gesien hoe ‘n vragmotorbestuurder versuim om by ‘n rooi lig by die kruising van Samora Machel- en Henshallstraat stil te hou, waarna die botsing plaasgevind het.

 

‘n Vriendin en kollega van Botha, Rina de Beer, sê dat haar voertuig, ‘n Opel Corsa deur die vragmotor meegesleur is en eers 50 meter verder tot stilstand gekom het.

Botha was vir die afgelope agt jaar ‘n werknemer by Ku-Shan Technologies.

“Sy was die regterhand en ruggraat van hierdie besigheid,” het De Beer, die eienaar gesê.

“Ku-Shan het een van ons familielede op ‘n tragiese wyse verloor. Annelien, jy was soos my kind, my regterhand en sussie. My hart is stukkend, mag die liewe Heer jou styf in sy arms vashou,” het sy op Facebook geskryf.

Botha is gister die NG Kerk in Witrivier te ruste gelê.

‘n Saak van strafbare manslag word teen die bestuurder van die vragmotor ondersoek.

Also read: Monkey business happening in the city over the weekend

Chaos breek uit tydens klubrugbywedstryd

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button