Hard newsLocal newsNews

Gemeente sorg vir vele behoeftiges

Skenkings van vars broodjies, groente en vrugte van sakeondernemings op die dorp, vul kospakkies aan.

Vrywilligers wat die NG Gemeente Witrivier se kos- en klerekas beman, pak een maal per maand 20 000 etes netjies in kartondose.

Met hierdie etes bestaande uit niebederfbare kos geskenk deur Judea Hope in Pretoria, voed hulle elke Maandag sowat 1 000 behoeftiges in die gemeenskap.

Op só ’n oggend is die kerksaal, pakkamer en groot skeepshouer op die perseel ’n miernes van bedrywighede.

Sowat 18 helpers, bygestaan deur ’n paar van die Healing Wings Recovery and Rehabilitation Cente naby Sudwala se manne, skarrel om alles verpak te kry.

Onlangs was White River Post ooggetuie toe kratte vol kos – en in baie gevalle ook klere – aan die behoeftiges uitgedeel is.

Skenkings van vars broodjies, groente en vrugte van sakeondernemings op die dorp, vul hierdie kospakkies aan.

Almal wat hiervoor in die ry kom staan, ook die helpers van Sudwala af, kry boonop nog ’n beker sop nadat al die werksaamhede afgehandel is.

Maar dis nie sommer net vir in die ry val nie, sê Santi Roux en Antoinette Bester. Aansoekers word deeglik gekeur en moet bewys dat hulle onsuksesvol werk gesoek het.

Daar word ook gekontroleer of hulle nie reeds by ander hulporganisasies hulp ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button