Local newsNews
VOORSKOU: Taakspan meet geraasvlakke
Terwyl die meeste inwoners van die stad Saterdagaand gelê en slaap het, het die geraasbesoedelings-taakspan van die gemeenskapspolisiërings-forum die oorsprong van hierdie kwaad gaan soek.

MBOMBELA – Laevelder het saam met taakspanlede TJ Maré en Ettiene Maree die strate van Mbombela tussen 23:00 en 01:30 Sondag met ‘n klankmeter ingevaar om die bron van die geraasbesoedeling te bepaal.
“Die doel van vanaand is om vermaaklik-heidsplekke in die stad te besoek en ‘n vergelyking tussen hulle te tref,” het Maré gesê.
Die kuierplekke wat besoek is, is Jock Pub and Grill, Zero 13, Legends, Coyotes Lounge (Andersonstraat), Coyotes Pub (Branderstraat), News Café in Sonpark en Deja Vu.
Volgens Maré en Maree ontvang hulle die meeste klagtes van inwoners van die Sonheuwelomgewing af. “Die probleem is dat die klank opwaarts trek,” het Maré gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

