Silwerdae het steeds ‘n voedseltekort
Dié ouetheuis vra vir ondersteuning en donasies van die gemeenskap

WATERVAL BOVEN – SAVF Silwerdae ouetehuis se voedselprobleem is steeds nie opgelos nie en hulle pleit vir donasies van die publiek.
“Ons het altyd kos nodig,” sê Elna van Zyl, voorsitter van die ouetehuis se raad.
Sy sê hulle is wel baie dankbaar vir die gemeenskap vir al die donasies wat hulle reeds ontvang het en vra dat mense asseblief nie moet ophou om te gee nie.
LEES OOK: Silwerdae Ouetehuis verkeer steeds in nood
Hier is ‘n lys van items wat die tehuis nodig het:
• Suiker
• Koffie
• Tee
• Vleis
• Oats of Maltabella-pap
• Mielierys of gewone rys
• Enige toiletware soos lyfsproei of seep
• Konfyt
• Groente.
“Dit gaan goed met ons, maar kos bly ons grootste behoefte,” het van Zyl gesê.
LEES OOK: Groen vingers en ‘n positiewe uitkyk ‘n resep vir geluk
