Local newsNews
Oupas, oumas en kleuters gaan saam skool
Hulle het ’n konsert gehou waar elke klas ’n versie of liedjie opgevoer het.

Witrivier Preprimêre Skool het verlede week ’n lentetee gehou en al die oumas en oupas wat naby bly uitgenooi om die oggend saam met die kleuters te geniet.
Nadat juffrou Riëtte Kruger almal welkom geheet het, het hulle ’n konsert gehou waar elke klas ’n versie of liedjie opgevoer het.
Daarna het almal saam koek en tee of vrugtesap geniet en kon elke kind vir sy of haar ouma en oupa wys wat hulle elke dag by die skool doen.

Die grootouers het dit terdeë geniet om te sien hoe die kleingoed met hul verf- of tekenwerk en werksboeke spog of om hul manewales op fietsies dop te hou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
