Local newsNews

Nuwe dak en nuwe seisoen saam gevier

Macadamia Village is reeds 25 jaar oud en deur die jare het dié dak weens ontwerp- en strukturele foute verswak sonder dat iemand daarvan bewus was.

Strelende klavier- en vioolmusiek, lekker kos en goeie geselskap het onlangs die botoon gevoer toe Macadamia Village-stigting se direksie ‘n lentedagete ter viering van die heropening van die oord se saal gehou het.

Vroeër vanjaar het die saal se dak tydens ‘n storm meegegee. Sedertdien is daar gewoel en werskaf om die skade aan die dak en die binnekant van die saal te herstel.

Macadamia Village is reeds 25 jaar oud en deur die jare het dié dak weens ontwerp- en strukturele foute verswak sonder dat iemand daarvan bewus was.

Tydens die storm het die dakkappe aan die suidekant, wat deur die jare waterskade gely en verrot het, meegegee en het die dak begin insak.

Dit het maande geduur om die stukkende dakkappe te verwyder en te vervang, ‘n nuwe plafon in te sit en alle ligte te vervang. Die binnekant van die saal moes ook heeltemal oorgedoen word. Boonop moes die raad die versekeraar die stryd aanknoop, wat die eis eers twee maal verwerp het en hulle genoodsaak het om by die Ombudsman vir korttermynversekering om hulp aan te klop.

Intussen moes alle aktiwiteite in die saal gestaak word en moes mense wat kantoorruimte in die kompleks huur, hul persele ontruim. Die biblioteek moes ook tydelik sluit.

Uiteindelik, na baie swoeg en sweet, is die saal herstel en kon die sosiale komitee (of MAD-span soos hulle genoem word – wat staan vir Make a Difference) inwoners en gaste uitnooi om die heropening van die saal tydens die lente-ete te kom vier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button