Local newsNews

Tydelike boskerk vir die gemeentelede van Neon Kerk

Hulle het egter nog nie 'n permanente oplossing nadat hul kerkgebou afgebrand het nie.

MBOMBELA – Nadat hulle kerkgebou verlede Dinsdag afgebrand het, moes ps. Danie van Wyk en sy vrou Tashai noodgedwonge ‘n ander plan maak.

Hulle het besluit om Songdag ‘n diens by hulle plot net buite Mbombela te hou.

“Ons wou ons mense net weer biejtie bemoedig. Dit sou eers net ‘n bring-en-braai gewees het, maar toe besluit ons om sommer ‘n diens ook te hou,”

verel Tashai.

Sy voeg by dat iemand vir hulle ‘n skadunet geskenk het om met die hitte te help. ‘n Ruk gelede het die gesin ook van die kerk se stoele vir Danie se 50ste verjaarsdagvieringe geleen. Ten tyde van die brand het hulle nog nie die stoele terugbesorg nie.

LEES OOK: Church takes hands after building burns down

“Tot ons verbasing het ons gister ongeveer 120 stoele ontdek en kon ons toe lekker kerk hou,” sê Tashai.

Hulle het egter nog nie ‘n permanente oplossing nie.

“Ons gemeentelede het voorgestel dat ons vir tyd en wyl maar net ‘n tent huur en hier op ons plot kerk hou,”

sê Tashai.

Al hulle toerusting vir die kerk is ook deur die brand verwoes.

Volgens Tashai is hulle ‘n pinksterkerk en het toerusting soos ‘n klankmenger en mikrofoon nodig. Intussen soek hulle ook vir ‘n gebou om te huur om hul lidmate van beide Mbombela en Witrivier te akkommodeer en tot dusver het hulle R50 000 ingesamel.

Indien enigiemand ‘n bydrae wil maak, kan hulle die kerk se Facebook-blad by Neon Church Kerk besoek.

LEES OOK: UPDATE: Watch video – Fatality confirmed in Neon Church fire

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button