Local newsNews

Nuwe ontwikkeling op die horison vir Mbombela

Daar is groot ontwikkeling op pad vir die Nelsville-gebied in die ooste van die stad, bekend as Orchards View.

MBOMBELA – Die ontwikkeling deur Mabalengwe Development Co gaan op 35 hektaar grond langs Samora Machelrylaan en aangrensend aan die Matumi-gholflandgoed en Valencia plaasvind.

Volgens die maatskappy se direkteur, Carel van Wyk, is dit die laaste “groot stuk land” in die ooste van die dorp. Hy sê die ontwikkeling sal uit kommersiële en residensiële dele bestaan. Sestien hektaar word beoog vir kommersiële doeleindes en 19 hektaar vir ‘n residensiële gebied.

Konstruksie van die grootmaatdienste van die eerste vier fases het reeds begin en behoort teen die einde van hierdie jaar voltooi te wees. Die identiteit van die ondernemings wat in die eerste fases gestig sal word, is voorlopig vertroulik maar sal in Januarie aangekondig word.

In die kommersiële gedeelte gaan daar onder andere ‘n nuwe gesondheid-sorgeenheid opgerig word.

Die residensiële gebied sal uit medium- tot hoëdigtheidbehuising bestaan. Konstruksie van die eerste fase van die ontwikkeling sal teen middel 2019 begin.

LEES OOK: Mbombela: Tagtig jaar van ontwikkeling

Die ontwikkeling is uiters goeie nuus vir individue wat in die nabygeleë areas woon en volgens Van Wyk,

“Gaan baie opgraderings aan die infrastruktuur van areas soos Nelsville, Valencia en Steiltes gedoen word, wat dienslewering aan die gemeenskap sal bevorder.”

Dit sluit onder meer ‘n nuwe waterpomp-lyn, die vergroting van die hoofrioollyn en die opgradering van die padnetwerk in.

Samora Machelrylaan, Ferreirastraat en Dr. Enos Mabuzarylaan sal onder andere opgegradeer word.

“Die doel van die ontwikkeling is om die groter Mbombela te bevoordeel,” sê Van Wyk.

“Ons wil ‘n goeie kwaliteit ontwikkeling vestig in die ooste van Mbombela sodat besoekers aan die dorp, vanaf die ooste welkom voel. Orchards View moet inwoners van Mbombela trots maak op ons dorp.”

ALSO READ: Uitstalling van landskappe is ‘n onderrig in die kuns

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button