Local newsLocal sportNewsSport

Robbies wen harte by interhoër byeenkoms

Jare se harde werk en voorbereiding het die resultate gelewer waarna hul afrigters gestrewe het.

Oranje bloed het vurig deur vele are gebruis toe Robbies tydens die afgelope 70ste Mediclic Nelspruit Interhoër op Lowveld High se sportveld gewys het waartoe hulle in staat is.

Daar was net geen keer aan Hoërskool Rob Ferreira se atlete nie, met puik prestasies as gevolg.

Jare se harde werk en voorbereiding het die resultate gelewer waarna hul afrigters gestrewe het.

“Die wen van die Persentasiebeker is altyd vir ons belangrik, want dit wys hoe skole presteer in terme van hul skoolgetalle,” sê Stefan van der Merwe. “Ons neem teen groter skole deel maar in plaas daarvan dat dit ons afskrik, bring dit die beste in ons na vore.”

Rob se grootste doelwit was vanjaar om die seunsafdeling te wen, waarin hulle met vlieënde vaandels geslaag het. “Ons wou iets by die interhoër wen wat nie in onlangse tye geskied het nie, en ons het geglo ons het ‘n kans met die seunsafdeling,” sê Van der Merwe.

Waar dit jare lank reeds bykans onmoontlik geklink het om enige van Hoërskool Nelspruit se dominerend seuns- en dogterspanne tydens die interhoër te klop, het Robbies vanjaar gewys dat dit wel gedoen kan word.

Die seunsaflosse het vir hoendervleisoomblikke gesorg en sal nog lank onthou word, want waar het jy al ooit gehoor dat één skool al vyf die seunsaflosse wen en dít boonop met nuwe rekords.

“Die skare kon die vyf vinnigste seunsaflosspanne van die afgelope 70 jaar op een dag in aksie sien,” spog Van der Merwe met sy seuns wat onder groot applous van almal op die paviljoen die een rekord na die ander verbeter het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button