Karatekas wys hul slag
Witrivier, Nelspruit en Lydenburg se dojos het ook deelgeneem.
Hazyview se karate dojo het vroeër vandeesmaand aan die eerste vriendskaplike kompetisie van die jaar deelgeneem. Dit is deur die Skukuza-dojo aangebied.
Witrivier, Nelspruit en Lydenburg se dojos het ook deelgeneem.
Ten spyte daarvan dat dit ‘n baie warm dag was, het die karatekas hul bes probeer en vir strawwe kompetisie gesorg.
Witrivier het die eerste plek in die kompetisie behaal, met Lydenburg tweede en Nelspruit en Hazyview gesamentlik derde.
Die volgende karatekas het medaljes vir kata en kumite verower:
• Zenethin Strydom – twee silwer
• Kayla Pretorius – twee silwer
• Chloe van Eeden – twee silwer
• Calib Scheepers – goud en brons
• Juandre Shand – twee brons
• Mikayla Shand – silwer
• Francois Scheepers – twee brons
• Linnecke Scheepers – twee brons
• Noah Reininghaus – silwer en brons
• Nala Ridell – silwer en brons
• Linnè Lorist – silwer en goud
• Daniel Scheepers – twee brons
• Janine Goosen – twee brons
• Christian Smit – goud en silwer
• Hannes Scheepers – goud en brons
• Madison Knight – twee brons
• Nadia Lorist – goud.
