Local newsLocal sportNewsSport

J&M rugbyweek hou spelers en toeskouers op hul tone

Altesaam 29 spanne uit Mpumalanga en Limpopo het oor die vier dae in 75 wedstryde gespeel.

Die twaalfde agtereenvolgende J&M Rugbyweek is pas deur Laerskool Witrivier op hul tuisvelde aangebied.

Altesaam 29 spanne uit Mpumalanga en Limpopo het oor die vier dae in 75 wedstryde gespeel. Die o/11- en eerste en tweede spanne van die verskillende skole het deelgeneem.

Meer as 600 seuns en 90 beamptes was in aksie. Al die wedstryde wat op die A-veld gespeel is, is op ‘n grootskerm gewys en is ook lewendig uitgesaai. Danksy J&M Sekuriteit, Pick n Pay Witrivier, Go Zone, Caltex Fresh Stop, Alo Creations, El Roi Guest House, Corporate Cats, Big Bear Spur, Thulile Guest Farm en MC Auto Repair Centre kon almal uithalerrugby en Laeveldse gasvryheid geniet.

Laerskool Witrivier se eerstes het Drakensig met 19-10 geklop terwyl die tweedes met 19-12 teen Laerskool Pietersburg verloor het.

Die tweede span het ook gelykop (12-12) teen Laerskool Impala gespeel en die eerstes met dieselfde telling teen Penryn College, terwyl hulle met 15-17 teen Laerskool Monument verloor het.

Die eerstes moes met 7-27 teen Laerskool Pietersburg die knie buig. Die eerste span het ook teen Noordskool en Impala vasgeval terwyl die tweede span weer teen Tzaneen verloor het.

Witrivier se o/11’s het teen Noordskool, Tzaneen en Pietersburg verloor, maar teen Penryn, Monument en Drakensig gewen.

Uitslae van die verskillende wedstryde wat elke dag gespeel is, kan op https://rugbyweek.torneopal.com gesien word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button