Afrikaans word vreemd vertaal op kennisgewingbord
Deesdae moet besoekers aan die kantore van Mpumalanga se department van gesondheid voorbereid wees om "geventeer" te word.

Dit is maar een van die sinnelose woorde op ‘n kennisgewingbord wat by een van die department se geboue aangebring is.
Ten spyte van uitgebreide navrae deur Laevelder om vas te stel by watter gebou die kennisgewing aangebring is, kon die ligging daarvan nog nie vasgestel word nie.
Op die kennisgewingbord is daar ‘n waarskuwing in Zoeloe wat besoekers daarop wys dat voertuie by die perseel op eie risiko bestuur en parkeer word. Dit maan besoekers verder dat diegene wat die gebou besoek, deursoek mag word.

Die skok kom egter by die Afrikaanse vertaling van die Zoeloe-boodskap. Die vertaling lees: Alle voertuie in hiertoe plek word bestuur of gepieker op dienaar’s risiko. Alle voertuie of mense wat in hiertoe plek kom te voet. moet geventeer word. (sic)
LEES OOK: Kokkedoor-reis op ‘n einde vir Pieter, maar Anmar kan titel wen
Die Zoeloe kan soos volg in Afrikaans vertaal word: “Die voertuie wat in die gebou geparkeer, is op die eienaar se risiko. Alle persone of voertuie wat die perseel binnekom, mag deursoek word.”
Die foto het wye reaksie op Facebook ontlok. Louise Steenkamp, ‘n onderwyseres, het gesê dit is ‘n skande.
“(Maar) ek verstaan dit nogal, want ek is besig om graad nege stelwerk na te sien!”
Dumisani Malamule, woordvoerder van die department van gesondheid, sê hulle ondersoek die aangeleentheid.
