Local newsNews
Laerskool Laeveld redenaars nie op hul monde geval nie
In die spanredenaars het die skool 'n vyfde plek behaal.

‘n Paar leerlinge van Laerskool Laeveld het onlangs uitstekend presteer in die finale rondte van die Oppi-Tong-redenaars kompetisie.
Baie geluk aan Jehané Erasmus, Francois Louw, Haley Cussons en Elzandri Nortjé.

J.C. Swarts het ‘n sewende plek met die individuele redenaars behaal, Francois Rawlinson ‘n tweede plek met die Engelse Eksperimentele redenaars en Hanri Coetzee ‘n eerste plek met die Afrikaans Individuele redenaars.
LEES OOK: Laerskool Laeveld hou massa-atletiek
Jehané en Franco gaan dan ook aan die Radikale Redenaars se finale nasionale rondte eerskomende naweek gaan deelneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
