Local newsLocal sportNewsSport
Sheba is laerskool en Mpumalanga se landloop trots
Laerskool Witrivier het drie atlete in dié prestige-byeenkoms gehad.
Die 12-jarige Sheba Sithole is Laerskool Witrivier se trots.
Sy is onlangs tydens die Suid-Afrikaanse skolesportvereniging se nasionale landloopkampioenskappe by Hoërskool Rob Ferreira as die nasionale kampioen in die meisieswedloop vir 12-jariges gekroon.
Laerskool Witrivier het drie atlete in dié prestige-byeenkoms gehad: Sheba, en twee van die Hattingh-drieling se broers – Julius en Mardus (o/10).
Die derde boetie, Flip, het ongelukkig geval en seergekry tydens die Mpumalanga Skolekampioenskappe en toe nie vir SA’s gekwalifiseer nie. Hier is Julius Hattingh (o/10), Sheba Sithole (o/12) en Mardus Hattingh (o/10).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
