Local newsNews

Oud Komati rugby speler draf uit vir Japan in wêreldbeker

Komati inwoners bars van trots oor plaaslike speler in Wêreldbeker

Op nege jarige ouderdom is Wimpie van der Walt in Komatipoort Akademie ingeskryf nadat sy moeder Rina, broers Hannes en Christo en suster Juanita die dorpie hul tuiste gemaak het.

TOYOTA, JAPAN – JUNE 23: Wimpie van der Walt of Japan makes a break to score his side’s first try during the rugby international match between Japan and Georgia at Toyota Stadium on June 23, 2018 in Toyota, Aichi, Japan. (Photo by Ken Ishii/Getty Images)

Harry van Dyk, bekende boer in die Onderberg was sy afrigter en het gesien dat die seun uitsonderlike talent het.  Hy was ‘n baie groot invloed in Wimpie se lewe  en ‘n mentor sedert 1998.

LEES OOK: fun-sun-duck-n-dives-golfday

Komati inwoners het gebars van trots toe diè jongman laasweek tydens die openingswedstryd van Wêreldbeker 2019 vir Japan uitdraf.  Trotse ma Rina, wat vroeër jare bekend was vir “Rina se wors” wat by Komatipoort Spar verkoop is, en sy suster Juanita het bankvas in die stadion saam met sy agente gesit om hierdie droom te aanskou wat waar geword het. Van der Walt het ook ‘n Japanese agent, Yoko Nakaya.

Om die kroon te span was Harry van Dyk daar om sy “seun” te ondersteun.  Na afloop van die wedstryd, het van der Walt die trui waarin hy gespeel het,  aan van Dyk oorhandig om dankie te sê vir die bydrae wat hy in sy sukses gehad het. Daar is sprake  dat diè trui in  Kambaku gholfklub se fotogallery gehang gemaak sal word.

Komati Akademie het sy grondslag in rugby gevorm en hy is in Graad 8 na Nelspruit Hoërskool, aangesien Komatipoort nog nie ‘n hoërskool gehad het nie.  Aan die einde van Graad 11 het die Westelike Provinsie Rugby Unie hom gekontak om vir hul te gaan speel. Hier het hy sy vrou Chanti ontmoet, waarmee hy nou reeds 4 jaar getroud is en hul het onlangs ‘n babadogtertjie, Minke, ryker geword daar in Japan.

Daarna het hy vir ‘n Italiaanse klub gaan speelen ‘n kontrak by die Kings gekry.  Gedurende hierdie tydperk het Richard Austin Colreavy, ‘n Australianer en tans van der Walt se agent, hom raakgesien en het hy ‘n kontrak gesluit met NTT Docomo Red Hurricanes, ‘n Japanese klub vir wie hy 7 jaar terug begin speel het.

 

In ‘n onderhoud met van der Walt se suster , Juanita Mahne uit Japan, het sy gesê dat Wimpie se sukses te wyte is aan harde werk en toewyding, baie genade en mense wat die Here op sy pad gesit het om hom te help kom waar hy vandag is.   Wimpie is ook aangewys as ambassadeur van Osaka. Hy is te sien op You Tube in ‘n video waar hy die stad promofeer.  Hy het onlangs in die tv program ELDERS verskyn waar Erns Grundling ‘n onderhoud met hom in Japan gevoer het.

Wimpie dra sy waardering oor aan die mense in Komatipoort wat vir hom boodskappe en seënwense gestuur het.   Hy sê dat dit ‘n groot droom van hom was om in ‘n wëreldbeker te speel.

“Ek onthou tydens die Wêreldbeker in 2003, het ek en my broer met my ma gereël dat my ouma ons by die skool kom uitteken, om die wedstryd te kyk.  Nooit  gedink dat ek 16 jaar later ook in die eerste wedstryd van ‘n wêreldbeker sou speel nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button