Local newsNews

Robbies hou ‘n aktiewe vakansie

Hoërskool Rob Ferreira se leerders het allermins gedurende die afgelope kort vakansie stilgesit.

Hoërskool Rob Ferreira se leerders het allermins gedurende die afgelope kort vakansie stilgesit.

Die skool se meisiesfietsryers het vir ‘n groot verrassing gesorg toe hulle die tweede plek by die Suid-Afrikaanse skolekampioenskappe behaal het.

Dit is ‘n besondere prestasie om só goed onder die 191 top skole in die land te vaar en ‘n bitter pil vir vele ander vername skole om te sluk.

Zandri Strydom het vir die vierde jaar in ‘n ry as wenner by die skolekampioenskappe uit die stryd getree.

Moshe Lintoro het weer by die IPT Sewes die Pumas verteenwoordig en hulle gehelp om die plaat finaal te wen. Hulle het met ses man daarin geslaag om met ‘n telling van 36-12 met die Lions af te reken. Gerhard du Toit was hul afrigter vir die afgelope vyf jaar.

Lee Buys het ook haar South African National School Shooters Union (SANSSU)-kleure verwerf weens haar vaardigheid as skut.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button