Potspel kamioenskappe toets plaaslike spelers se spel vernuf
Vyf potspelspelers van Alcatraz Outlawsklub het onlangs die Mpumalanga-agtbalpotspelspan by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe verteenwoordig.
Die kampioenskappe het gedurende Oktober in Middelburg plaasgevind waar Leon Bouwer, Jacques Venter en Carmen Bisschoff die ope span (B1) verteenwoordig het en JJ de Villiers en Michael Herbst die o/23-span (B2).
Lees meer oor die sport: Potspelers om Mpumelanga te verteenwoordig
Volgens Bisschoff van die klub het die Mpumalanga ope span (B1) baie verbeter. “Gesien in die lig daarvan dat Mpumalanga die kleinste provinsie met die minste spelers in die hele Suid-Afrika is, het ons noemenswaardig verbeter vergeleke met verlede jaar. Ons is tans net 175 spelers uit klubs van Secunda tot Lydenburg, en ding teen ander provinsies mee wat hul spanne uit 500 en meer spelers kan saamstel.”
Bisschoff vertel dat die Mpumalanga-spanne nou eers twee jaar by die SA kampioenskappe betrokke is. Mpumalanga se B1-span het elfde uit 19 spanne geëindig.
Die klub wil graag die sport bevorder en uitbrei. Belangstellendes kan Bisschoff skakel by 072-725-5860.
