FOTO’S: By Nellie Miere is kinders nog kinders
Woelwaters geniet hulle gate uit tydens die waterkaskenades.

Op Vrydag 25 Oktober is die woelwaters van Nellies Miere in groepe ingedeel, waar hulle aan verskeie waterverwante speletjies regoor die skoolgronde deelgeneem het en na ‘n paar minute, roteer het na die volgende aktiwiteit.
Lees ook: Springboks, our world champions
Pret en opvoeding deur middel van spel was die eindelike doel, en só leer hulle ook spanwerk. Soos enige snikwarm Laeveldse dag betaam, is die dag afgesluit met yskoue waatlemoenskywe.
“Die Nellie Miere-skoolterrein het letterlik gewemel soos die maats baljaar het,” het die skool se Corlani Breyl gesê. “Daar is 17 wateraktiwiteitstasies opgestel en die leerders het tussen die stasies roteer. Baie oorspronklike aktiwiteite het die maats besig gehou sonder dat water vermors is. Daar is teiken geskiet, borrels geblaas, emmertjies gebalanseer en waatlemoene geëet, net om ‘n paar te noem.”
> Foto’s: Stefan de Villiers














