Casterbridge blom tydens orgideëskou
Orgideë-entoesiaste het onlangs van heinde en verre na die motormuseum by Casterbridge gestroom om te kom kyk na die plante wat op die South African Orchid Council se nasionale skou uitgestal was.
Kwekers en entoesiaste kon ook ‘n konferensie en werkswinkel bywoon, terwyl die publiek hul bloot kon verlustig in die eksotiese skoonheid van verskeie spesies van dié besondere blomme.
LEES OOK: Robbies hou ‘n aktiewe vakansie
Volgens die organiseerders het meer as 1 000 besoekers van die geleentheid gebruik gemaak.
Jolisa Grobler en die Laeveld se Orgideëgroep het hulle uitstekend van hul taak as gashere gekwyt, terwyl Jolisa, manlief Lourens en hul familie ook breëbors met verskeie toekennings kon wegstap.
Altesaam 23 klaswenners is aangewys, met vier algehele wenplante, te wete beste op die skou (Laelia Speciosa) van Henriette Stroh van Pretoria, die reserwekampioen (Renanstylis Bangkok Beauty), beste proefstukbasterplant – Epidendrum Pacific Sunset) en beste proefstuk (specie – Encyclia Bractescens), van Afri Orchids, die Groblers se onderneming.

LEES OOK: Nat weer kelder Rob se kaskarwedrenne
