Curro se kultuursterre
Curro Nelspruit se kultuursterre het by die jaar se spoggerige prysuitdelingsaand talle welverdiende toekennings ontvang.

Veral die skool se kultuur het hierdie jaar opslae gemaak met die toneelstuk Talaiporia uit die pen van Marni Swart, ‘n gr. 11-leerder, wat nie net tweede in die gesogte ATKV-Tienertoneelkompetisie se streeksfinaal geëindig het nie, maar ook op nasionale vlak tweede plek verower het in Curro Create se National Youth Theatre Festival in Johannesburg.
LEES OOK: DBV sonder voertuig gelaat na ongeluk
Marni en Xander Goosen word vir die derde jaar in ‘n ry as kultuurseun en -meisie benoem.
Benewens die tienertoneel ontvang Marni verskeie toekennings vir deelname aan die Nelspruit, nasionale en Allegretto eisteddfods, asook Oppi Tong-af-, ATKV- en Radikale redenaarskompetisies.

Xander ontvang onder meer vier Kryptonite-toekennings vir sy prestasies van 95 persent en hoër vir sang, drama en fotografie tydens die landswye Curro Create-kompetisie.
Hy neem ook deel aan kykNET se Nasionale Toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerders en kry sy teatervlerkies vir beste akteur.
Zanucha van Raaij ontvang spesiale erekleure nadat die KANSA-debutante as die beste loopplankmodel by ‘n internasionale modelkompetisie in Amerika aangewys is en Anke Schnepel vir verskeie prestasies, onder andere as algehele wenner in die ligte musiek-kategorie by die Nelspruit Eisteddfod.
LEES OOK: Voertuig vol plofstof gevind ná plaasaanval
